
CREDO
CREDO VAN DIE BOERVOLK
Die wortels van die Boerevolk is in ons Koning Jesus Christus gevestig. Ons voorouers is
Die Nederlandse Geuse wat in die 16e eeu nC onder Prins Willem van Oranje ‘n tagtigjarige oorlog geveg het teen die Roomse tirannie van die koning van Spanje en uiteindelik oorwin het deur die krag en genade van die almagtige God;
die Franse Hugenote en Duitse protestante wat gestry het vir die ware Godsdiens en uiteindelik na die Nederlande gevlug het vir die vervolging van die Roomse Kerk;
Die basis van ons volkspanting aan die Kaap was dus streng gelowig Gereformeerd. Dit was ook die basis van ons eerste Gelofte om 6 April elke jaar as dankdag te gedenk.
Ons volk is gevorm met die Groot Trek deur beginselvaste gelowiges wat bereid was om alles agter te laat sodat hulle ‘n vrye volk kan wees om die Here in Gees en Waarheid te dien. Hulle het gevare trotseer en en groot ontberinge deurgemaak. Uiteindelik is ons volk se ontstaan aan die Here JHWH verbind met die Gelofte van Bloedrivier. Die Boerevolk is verder geslyp en gevorm deur stryd en ontbering, maar ons voorouers het vasgehou aan hulle geloof en deurgaans ons afhanklikheid van God besef en bely.
Ons volk se nasionalisme is begrond in die Bybelse, Gereformeerde Verbondsleer. Dit leer dat God self die volke van mekaar geskei het en grense tussen volke gestel het sodat ons Hom in volksverband moet soek (Gen 11; Hd 17:26,27). Vir ons beteken nasionalisme dat elke volk aan die heerskappy van Christus moet onderwerp. Daarom is die vryheidsideaal ‘n basiese kenmerk van die Boerevolk: Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry!
Die Boervolk se krag is uit die Heilige Gees van God. Met die krag van die Heilige Gees het ons volk groot hoogtes bereik en ‘n naam gehad onder die volke. Die Boervolk was die enigste volk wat die magtige Britse weermag kon verslaan met die Eerste Vryheidsoorlog by Majuba. In die Tweede Vryheidsoorlog kon die Britse weermag ons ook nie op die slagveld oorwin nie, en moes hulle ons vrouens en kinders uitmoor om ons te beroof van ons vryheid.
Na jare se stryd het ons uiteindelik in 1961 weer onafhanklik geword en ‘n Godvererende volkshuishouding vir ons Vader opgerig. Ons vyand, die duiwel het alles ingespan om ons te vernietig en het die hele wêreld teen ons opgesweep om ons ekonomies te breek, maar deur Gods genade het ons nog meer presteer ten spyte van wêreldwye isolasie en sanksies.
Die duiwel se sendelinge het die media gebruik en ons mense mislei om die eer van die welvaart vir onsself te neem en ons godsdiens is verwater. Uiteindelik het die Liberalisme geseëvier – selfs in die Kerke – en ons mense het van God gewyk. Die Here het ons met verraaiers as leiers gestraf en ons is verraai en verkoop aan kommunistiese terroriste wat steeds oor ons regeer met 'n buitelandse regering. Alles wat ons opgebou het, is van ons weggeneem en ons mense is verarm en word in die skole en in die werkplek geminag en verneder. 'n Groot deel van ons mense het die land verlaat om 'n nuwe toekoms in 'n vreemde land te bou. Ons mense is moedeloos en hopeloos.
Maar ons God is steeds die Almagtige, en al lyk dit onmoontlik om los te kom van hierdie multikulturele, imperiale afgryse, is niks onmoontlik vir ons God nie. As ons na Hom kan en wil terugkeer, sal Hy ons red en vrymaak op die presiese tyd wat Hy daarvoor gestel het – en niemand sal dit kan keer nie. Ons moet net voor Hom buig, ons aan Sy Heerskappy onderwerp en ons sondes bely. Dan kan ons veg in afhanklikheid van ons Koning en Leier, Jesus Christus. Ons moet ook fisies en geestelik voorberei sodat Hy ons kan gebruik in die stryd vir vryheid. Dienaars van die Allerhoogste - vir die hele wêreld gratis! ,
Wie is 'n Boer? Wat is sy kenmerke? En wie is 'n Boervrou? ,
Bybelse Priesterskap, Respek teenoor mekaar, ouderlinge, dames, ander volke (Voortrekker Manifes)
Bybelse Rentmeesterskap, Trots op ons mense en ons geskiedenis, Beskerm en verdedig sy familie en sy mense met alles in hom.
