Die lewe is 'n geskenk uit God se hand.
Dit is om hierdie rede dat aborsie moord is. En om jou eie kinders te vermoor is sekerlik een van die ergste gruwels denkbaar.
Die Bittereinders is ʼn pragmatiese beweging
wat vir die Afrikaner/Boer gemeenskap tot stand gebring is. Ons strewe om die verlore identiteit, sin van gemeenskap en broederskap van ons generasie te restoureer. Ons sal dit doen deur ONS mense saam te trek en te koördineer, om op te staan teen sosiale, ekonomiese en rasgebaseerde diskriminasie. Saam sal ons herbou aan ons taal, kultuur en erfenis!
Die Bittereinders is besig om hande te vat met ander Volksorganisasies wat aan jong manne opleiding bied. Ons beoog om opleiding toeganklik en bekostigbaar te maak vir die generasies wat nie diensplig kon doen nie. N weerbare Volk is een wat in sekerheid kan vorentoe gaan. Ons glo dit is ons plig om bystand en leiding te gee sodat ons mense weerbaar en gereed kan wees hier aan die suid punt van die donker kontinent. Ons eerste reeks opleiding is reeds aan die gang. Word vandag nog betrokke.