top of page

Geregtigheid vir Dries van Langenhove

Baie dankie vir jou bydrae!

Dries van Langenhove, 'n vriend van Afrikaners, is onlangs skuldig bevind in 'n Belgiese hof omdat hy blykbaar in 'n Facebook groep was waarin aanstootlike maar onskuldige memes gestuur is. Alhoewel Dries self nie enige memes gestuur het nie, is hy nogtans een jaar tronkstraf toegedien.

Dries is die leier van die regse Vlaamse jeugbeweging, Schild & Vrienden, en is verbind aan die VlaamsBelang party wat baklei vir die onafhanklikheid van Vlaandere.

Volgens die nuutste peilingsdata is VlaamsBelang tans die gewildste part
y in Vlaandere voor die komende verkiesing later die jaar. Hierdie is dus niks anders as 'n politiese gemotiveerde aanvaal om hulle kanse in die komende verkiesing te belemmer.

​

Dries skryf op sosiale media: 

​

"Vandag is ek gevonnis tot een jaar effektiewe tronkstraf, 10 maande opgeskorte tronkstraf, €16 000 effektiewe boete, €6 000 opgeskorte boete, €10 000 in vergoeding en 10 jaar van verlies van burgerregte, wat beteken ek mag nie meer aan politiek deelneem.

​

’n Jare lange ondersoek, waarop die departement van justisie miljoene euro’s van belastingbetalers se geld gemors het, wys egter dat die S&V-aktiviste nie van enigiets anders as memes aangekla kan word nie. Humor. Memes wat ek nie eers self geplaas het nie, terloops."

​

Dries plaas gereeld die kollig op die Boerevolk en ons veg vir vryheid. Hy is 'n ondersteuner van Orania (hy het al self 'n afvaardiging van Orania in België ontvang) en help om Europeërs in te lig oor Malema en sy gesang van die "Killl the Boer" volksmoord lied.

​

Daarom wil die Bittereinders ook ons ondersteuning aan Dries bied:

Driesondersteuning.png
bottom of page