top of page
VierkleurBannerBittereinders.png

Laat jou stem gehoor word:

Dankie vir u ondersteuning.

Die Vierkleur Sal Aanhou Wapper

Die Vierkleur

 

Die Vierkleur is die vlag van die ou Zuid-Afrikaanse Republiek. Ander Boererepublieke het ook vierkleur-vlae gebruik, maar die Transvaalse Vierkleur is die bekendste. Die Vierkleur is ‘n simbool van vryheid en van die Boerevolk se vryheidstrewe. Dit staan vir ons volk se gesindheid teenoor ander volke.

​

In gehoorsaamheid aan die Wet van God gun ons ook ander volke dieselfde vryheid wat ons begeer. Hierdie gesindheid staan reeds in die Voortrekkermanifes en ons volk het nog altyd daaraan getrou gebly.

​

Daarom staan die Vierkleur teen imperialisme en kolonialisme.

Dit staan teen verdrukking en onderdrukking van volke.

Dit staan vir ons Bybelse opdrag dat elke volk homself moet regeer en die Here in volksverband moet soek en dien.

Dit is waarom ons voorouers so dapper geveg het teen Britse oorheersing.

Dit is waarom ons nou ook onder die vaandel van die Vierkleur stry teen die verdrukking van ons volk.

​

Ons hoop om weer saam met ds SJ du Toit te sê:

​

“Die Vierkleur van ons dierbaar land,

Die waai weer oor Transvaal,

En wee die Godvergete hand,

Wat dit weer neer wil haal!

Waai hoog nou in ons helder lug.

Transvaalse Vryheidsvlag!

Ons vyande is weggevlug,

Nou blink ‘n blyer dag!”

 

Die Vierkleur verteenwoordig lojaliteit, patriotisme en persoonlike offervaardigheid.

​

‘n Stimulus om te herhinner aan die dade van helde van die verlede;

‘n Wekroep aan die gewete,

‘n Aanmoediging tot entoesiasme, meer gekonsentreerde idealisme en vurige nasionalisme.

​

‘n Aansporing om eie belang ondergeskik te stel aan volksbelang.

​

Om uiteindelik die grootste ideaal vir ‘n volk, naamlik vryheid te verwesenlik – as knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry!

​

Bittereinders Groete

Francois van der Merwe

​

​

Klik hier om by die Bittereinder beweging aan te sluit

Ek wil betrokke raak maar kort meer informasie.

Stuur vir ons jou besonderhede en ons kom terug na u.

  • Facebook
  • Instagram

Dankie, ons kontak u binnekort

bottom of page