top of page

Die lewe is 'n geskenk uit God se hand.

Updated: Mar 11

Die lewe is 'n geskenk uit God se hand. God het bepaal dat alle menselewens op 'n baie besonderse manier geskep word by wyse daarvan dat 'n man en vrou een word.


Die kerkvader Tertullianus en die Hervormer Martin Luther leer ons dat selfs die menslike siel gegenereer word met konsepsie, en dus ten nouste verbind is met ons genetiese samestelling (sien Levitikus 17:11, 14).


Dit is om hierdie rede dat aborsie moord is. En om jou eie kinders te vermoor is sekerlik een van die ergste gruwels denkbaar.


'n Volk word gebou deur gesinne, en gesinne word gevorm wanneer kinders verwek word. Daarom moet ons volk se kinders beskerm en gekoester word vir wat hulle werklik is - geskenke van God (Psalm 127:3).


Dit beteken dat ons ook daarna moet streef om eerder groter as kleiner gesinne en eerder meer as minder kinders te hê. Boerekinders is die toekoms van die Boerevolk.


-Adi Schlebusch (Pactum Institute)


Besoek gerus Dr. Schlebusch se webtuiste by:



233 views1 comment
bottom of page