top of page
fb9b6806ce0d4f56a95ecb9b7c7ac8a3.jpg

ʼn Toekoms vir ONS mense!

Sluit vandag aan by DIE organisasie wat onbeskaamd net vir Afrikaner/Boere belang baklei!

Wie is die Bittereinders?

Die Bittereinders is ʼn pragmatiese beweging

wat vir die Afrikaner/Boer gemeenskap tot stand gebring is. Ons strewe om die verlore identiteit, sin van gemeenskap en broederskap van ons generasie te restoureer. Ons sal dit doen deur ONS mense saam te trek en te koördineer, om op te staan teen sosiale, ekonomiese en rasgebaseerde diskriminasie. Saam sal ons herbou aan ons taal, kultuur en erfenis!

7.jpg

Opleiding.

Die Bittereinders is besig om hande te vat met ander Volksorganisasies wat aan jong manne opleiding bied. Ons beoog om opleiding toeganklik en bekostigbaar te maak vir die generasies wat nie diensplig kon doen nie. N weerbare Volk is een wat in sekerheid kan vorentoe gaan. Ons glo dit is ons plig om bystand en leiding te gee sodat ons mense weerbaar en gereed kan wees hier aan die suid punt van die donker kontinent. Ons eerste reeks opleiding is reeds aan die gang. Word vandag nog betrokke.

Huidige Projekte

unnamed.jpg

Haatspraak Saak

Op 26 Februarie 2024 sal die haatspraak saak teen Malema voortspruitend uit die Brackenfell Hoërskool insident in 2020 en Malema se gewraakte toespraak in die Wes-Kaap op 16 Oktober 2022 voorkom.

Wat doen ons?

Sluit aan by ons Telegram kanale

Klik op die skakel hieronder om gestuur te word na ons telegram kanaal. Hier sal jy opdaterings, nuus en informasie van nuwe projekte ontvang.

Die Bittereinders in die nuus.

Die Bittereinders word dikwels in die nuus genoem. So ook is een van ons Direkteure Francois van der Merwe al eenmaal op ʼn televisie onderhoud gewees. Indien u belangstel om meer te lees klik hieronder. 

Die Bittereinders span

bottom of page