HOFSAAK TEEN MALEMA:
HAATSPRAAK EN AANHITSING
TOT GEWELD
HOFSAKE
TERUGVOER OOR SAAK
-
Die tweede applikant ( Van Wyk) open sy saak op 26 Februarie 2024.
-
Dr Karien Van den Bergh word geroep as deskundige getuie om die hof te help besluit of die gewraakte uitsprake van Malema voldoen aan die standaard soos uiteengesit in die Qwelane-saak.
-
Die standaard is: Sal ‘n gewone redelike luisteraar die uitspraak interpreteer as ‘n oproep om geweld te pleeg en die om haat aan te wakker.
-
Haar getuienis in hof word op die Maandag afgesluit en kruisondervraging en herondervraging word Dinsdag afgehandel.
-
Woensdag-oggend dui die respondente aan dat hulle gaan aanvoer dat die persoon na wie Malema in sy uitspraak verwys het, nie Mnr Van Wyk is nie.
-
Prokureur Westley getuig en die respondente word deur die hof berispe. Hulle het nie die bewyse dat Malema nie na Mnr Van Wyk verwys het nie, in hulle pleit in geskil geplaas nie.
-
Die Respondente berus daarby dat daar wel na Mnr. Van Wyk verwys is.
-
Die Applikant sluit hulle saak.
-
Die Respondent roep hulle eerste getuie en speel ‘n video van die Brackenfell insident in die hof.
-
Die relevansie daarvan word deur die Applikant se prokureur bevraagteken.
-
Die Respondent beskuldig die hof van partydigheid, maar dui aan dat hulle nie aansoek gaan doen dat die regter homself onttrek nie.
-
Die getuie maak ook ongestaafde bewerings dat die applikant en ander mense teenwoordig by die Brackenfell insident hom die “k-woord “ genoem het en hulle toegesnou het om terug te gaan na Khayelitsha toe, ens.
-
Teen die einde van dag drie, roep die respondente Prof. Friedman as deskundige getuie.
-
Die hof verdaag vroeg a.g.v tegniese probleme.
-
Dag 4 - Donderdag, Prof. Friedman getuig en die applikant begin met kruisondervraging.
-
Dag 5 - Maandag, na kruisondervraging deur die tweede applikant ( Van Wyk), kry die eerste applikant (MRK) die geleentheid om Prof. Friedman te kruisondervra.
-
Na kruisondervraging en herondervraging sluit die respondente hulle saak.
-
Die saak word sine dei( sonder ‘n datum) uitgestel vir die indiening van betoogshoofde.
-
Die regter dui aan dat hy graag die hoofde voor die einde van Maart 2024 wil bekom.
-
Ons het nou die kwotasie ontvang vir die transkripsie van die rekord en die diensverskaffer is opdrag gegee om voort te gaan.
-
Die transkripsie neem tussen 10 en 14 werksdae.
-
Die regspan is besig om die betoogshoofde te finaliseer en sal die rekord bywerk sodra hulle dit ontvang het.
-
Sodra betoogshoofde gereed is, sal die regter ‘n datum aanwys vir finale argumente.
-
Na finale argumente, moet hy uitspraak lewer.
-
Hy sal heel waarskynlik uitspraak voorbehou. Hy het ‘n tydperk van 90 dae waarbinne hy uitspraak moet lewer.
MAAK 'N SKENKING OM TE ONDERSTEUN
ONS WERK
SLUIT AAN ONS POSLYS
Die Bittereinders is gevra om betrokke te raak by ʼn Hofsaak teen Malema.
Ons almal onthou vir Dante van Wyk van Brackenfell. Vir die laaste 4 jaar is hy al besig met sake teen hom, maar uiteindelik het hy nou die geleentheid om die wiel te draai teen Malema.
Tydens Malema se besoek na die Kaap laasjaar het hy ʼn klomp uitsprake gemaak en een van hulle was teen Dante. Hierdie uitsprake het net nog meer druk op Dante en sy gesin geplaas en hy het besluit om terug te baklei en ʼn saak oop te maak teen Malema. Toe ons genader is om bystand te lewer was dit vir ons ʼn maklike “JA!”. Ons is gevra om ʼn fondsinsameling te begin om ʼn taalkundige se onkostes wat verblyf, vervoer, ʼn vliegtuigkaartjie, sekuriteit en kos vir die 2 weke insluit te betaal.
Nou, ons is nie ʼn organisasie wat sommer die hof roete stap, maar ons glo dit is belangrik om ʼn man soos Dante by te staan en hom en sy regspan in elke manier te versterk in hulle stryd. Ons as die Bittereinders begin dus die Dante van Wyk fonds, en ons vra elkeen van julle om asseblief by te dra.
Die Bittereinders is ʼn geregistreerde NPO en ons kan dus Artikel 18A sertifikate (belasting voordeel) aan elkeen uitreik wat ʼn donasie maak.
Ons sal Donderdag ʼn video vrystel wat die saak en die gepaardgaande fondsinsameling volledig verduidelik.
Bittereinders Groete
Francois van der Merwe