top of page

WIE ONS IS 

CREDO VAN DIE BOERVOLK

Die wortels van die Boerevolk is in ons Koning Jesus Christus gevestig. Ons voorouers is

  • Die Nederlandse Geuse wat in die 16e eeu nC onder Prins Willem van Oranje ‘n tagtigjarige oorlog geveg het teen die Roomse tirannie van die koning van Spanje en uiteindelik oorwin het deur die krag en genade van die almagtige God;

  • die Franse Hugenote en Duitse protestante wat gestry het vir die ware Godsdiens en uiteindelik na die Nederlande gevlug het vir die vervolging van die Roomse Kerk;

Die basis van ons volkspanting aan die Kaap was dus streng gelowig Gereformeerd. Dit was ook die basis van ons eerste Gelofte om 6 April elke jaar as dankdag te gedenk.

Ons volk is gevorm met die Groot Trek deur beginselvaste gelowiges wat bereid was om alles agter te laat sodat hulle ‘n vrye volk kan wees om die Here in Gees en Waarheid te dien. Hulle het gevare trotseer en en groot ontberinge deurgemaak. Uiteindelik is ons volk se ontstaan aan die Here JHWH verbind met die Gelofte van Bloedrivier. Die Boerevolk is verder geslyp en gevorm deur stryd en ontbering, maar ons voorouers het vasgehou aan hulle geloof en deurgaans ons afhanklikheid van God besef en bely.

Ons volk se nasionalisme is begrond in die Bybelse, Gereformeerde Verbondsleer. Dit leer dat God self die volke van mekaar geskei het en grense tussen volke gestel het sodat ons Hom in volksverband moet soek (Gen 11; Hd 17:26,27). Vir ons beteken nasionalisme dat elke volk aan die heerskappy van Christus moet onderwerp. Daarom is die vryheidsideaal ‘n basiese kenmerk van die Boerevolk: Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry!

Die Boervolk se krag is uit die Heilige Gees van God. Met die krag van die Heilige Gees het ons volk groot hoogtes bereik en ‘n naam gehad onder die volke. Die Boervolk was die enigste volk wat die magtige Britse weermag kon verslaan met die Eerste Vryheidsoorlog by Majuba. In die Tweede Vryheidsoorlog kon die Britse weermag ons ook nie op die slagveld oorwin nie, en moes hulle ons vrouens en kinders uitmoor om ons te beroof van ons vryheid.

Na jare se stryd het ons uiteindelik in 1961 weer onafhanklik geword en ‘n Godvererende volkshuishouding vir ons Vader opgerig. Ons vyand, die duiwel het alles ingespan om ons te vernietig en het die hele wêreld teen ons opgesweep om ons ekonomies te breek, maar deur Gods genade het ons nog meer presteer ten spyte van wêreldwye isolasie en sanksies.

Hy het ons ingevolge sy Verbondsbeloftes geseën bo enige menslike verwagting en ons het die eer aan Hom gegee sodat die ander volke gesien het dat ons God die Lewende God is, die Almagtige.

Die duiwel het die Weste en die Ooste opgesweep om teen ons oorlog te maak – van binne en op ons grense – maar ons het hulle in die krag van God weerstaan en hulle oorwin.

Die duiwel se gesante het die media gebruik en ons volk mislei om die eer van die voorspoed vir onsself te neem en ons Godsdiens het verflou. Uiteindelik het die Liberalisme die oorhand gekry – selfs in die Kerke – en ons volk het afvallig geraak van God. Die Here het ons gestraf met verraaiers as leiers en ons is verraai en uitverkoop aan kommunistiese terroriste wat nou nog oor ons regeer met ‘n volksvreemde regering. Alles wat ons opgebou het word van ons weggevat en ons volk verarm en word verguis en verneder in die skole en in die werksplek. ‘n Groot deel van ons volk het die land verlaat om ‘n nuwe toekoms in ‘n vreemde land te bou. Ons volk is moedeloos en hopeloos.

Maar ons God is steeds die Almagtige en, al lyk dit onmoontlik om nou uit hierdie multikulturele, imperiale gruwel vry te word, is niks vir ons God onmoontlik nie. As ons na Hom terugkeer kan en sal Hy ons red en vry maak op die presiese tyd wat Hy daarvoor bepaal het – en niemand sal dit kan keer nie. Ons moet net voor Hom buig, aan sy Heerskappy onderwerp en ons sondes bely.  Dan kan ons die stryd stry in afhanklikheid van ons Koning en Aanvoerder, Jesus Christus. Ons moet ook fisies en geestelik voorberei sodat Hy ons kan gebruik in die vryheidstryd. Knegte van die Allerhoogste - teen die hele wêreld vry!

Wie is ‘n Boer? Wat is sy eienskappe? En wie is ‘n Boervrou?

Bybelse Priesterskap, , Respek teenoor mekaar, ouer mense, dames, ander volke (Voortrekkermanifes)

Bybelse Rentmeesterskap, Trots op ons volk en ons geskiedenis, Beskerm en verdedig sy gesin en sy volk  met alles in hom

SLUIT AAN ONS POSLYS

bottom of page