top of page
24c9c0_b1d9769a692b4f8cb8efd76a848bae7e~mv2.png

'N TOEKOMS VIR ONS MENSE!

WIE ONS IS 

Die Bittereinders is ʼn pragmatiese beweging wat vir die Afrikaner/Boer gemeenskap tot stand gebring is. Ons strewe om die verlore identiteit, sin van gemeenskap en broederskap van ons generasie te restoureer. Ons sal dit doen deur ONS mense saam te trek en te koördineer, om op te staan teen sosiale, ekonomiese en rasgebaseerde diskriminasie. Saam sal ons herbou aan ons taal, kultuur en erfenis!

MISIE

Ons doen, ons praat nie net nie. Ons baklei vir ons mense, skole en instansies op grond vlak. Ons is onbeskaamd Boer/Afrikaner.Ons mobiliseer en  koördineer gemeenskappe in of teen massa aksies. Ons is in eenvoudige terme ʼn aktivistiese beweging maar terselfdertyd ook soveel meer.

Ons poog om ten alle tye gereed te wees om aksies van die EFF, ANC en SANCO teen te staan. Om ons jong manne te help om weerbaar te word. Om ons jong mense te help om hulle sin van Volk-en-geloofsidentiteit te herleef en hulle weer trots te maak op wie en wat ons is.  Ons help ook die weerlose en armes van ons Volk deur middel van liefdadigheid.

03

ONS NOEM

DIT VERSET

Die Bittereinders is in sy kern ʼn aktivistiese organisasie. 

Ons het nog altyd onsself beywer by die Volksaak deur protes en teen protes aksies.

WINKEL VIR VERANDERING:

ONDERSTEUN ONS SAAK MET ELKE KLEDINGSTUK

Koop by ons aanlyn winkel en ondersteun ons saak met elke kledingstuk wat jy koop! Elke aankoop help ons om ons missie voort te sit. Sluit by ons aan om 'n verskil te maak - een stylvolle stuk op 'n slag. Koop nou en wees deel van die verandering!

BINNEKORT
BESKIKBAAR

RAAK BETROKKE EN MAAK 'n BLYWENDE IMPAK.

LAAT JOU STEM HOOR

Hoofkantoor:

Collinslaan 1241, Moregloed, 0186

Skakel: (+27) 76 719 5257

E-pos: info@bittereinders.co.za

Help ons die “Moer ‘n Boer” raadslid vervolg.

BEMAGTIG ONS VOLK:
SLUIT AAN OM SAAM MET ONS N VEILIGE EN VOORSPOEDIGE TOEKOMS TE BOU AAN DIE SUIDPUNT VAN AFRIKA

SLUIT VANDAG AAN BY DIE BITTEREINDERS BOKSKLUB

BITTEREINDERS LEIERSKAP